ActionSA het die oplossings vir die buurland

ActionSA se president Herman Mashaba sê die uitkoms van die party se beleidskonferensie verteenwoordig ‘n omvattende agenda om Suid-Afrika reg te ruk. Altesaam 614 afgevaardigdes uit al nege provinsies het dié week die konferensie van drie dae in Boksburg, Johannesburg, bygewoon. Mashaba het gister die slotrede gelewer en sê die beleide waarop ooreengekom is, sal die skadelike nalatenskap van die regerende ANC ongedaan maak: