ActionSA gaan optog lei na polisieminister
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, die party se voorsitter, Michael Beaumont, en nege provinsiale voorsitters sal volgende Woensdag ‘n optog lei na die kantore van die minister van polisie, Bheki Cele, in Pretoria. Die party gaan eis dat Cele Suid-Afrika se polisiekantore verbeter. ‘n Lid van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê die misdaadstatistiek wat aanhoudend vererger, skets ‘n somber prentjie van hoe misdadigers sonder enige kommer optree terwyl wetsgehoorsame Suid-Afrikaners in vrees leef.