ACDP hou protes teen dekriminalisering van prostitusie

Die ACDP in die Wes-Kaap gaan vandag buite die parlement betoog teen die voorgestelde dekriminalisering van prostitusie. Die publiek het tot volgende Dinsdag tyd om kommentaar te lewer op die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Strafregtelike Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede. Die doel van die wetsontwerp is om die koop en verkoop van volwasse seksuele dienste te dekriminaliseer en voorsiening te maak vir kwessies wat daarmee verband hou. Ferlon Christians van die ACDP sê hulle glo gesinne is die basis van die samelewing en die dekriminalisering van prostitusie sal gesinne skaad: