Aanvalle op OB oor Phala Phala-verslag veroordeel

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die aanvalle op die integriteit van die Openbare Beskermer se kantoor oor die Phala Phala-verslag veroordeel. Dit volg nadat verskeie opposisiepartye en burgerregte-organisasies hul verontwaardiging uitgespreek het oor die verslag wat President Cyril Ramaphosa vryspreek. Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gevra dat die Hoofstuk 9-instellings gerespekteer word. Hy sê die aangeleentheid kan eerder in ‘n hof betwis word.