Putin sal by G20 wees nie
Die Russiese president, Vladimir Putin gaan nie die G20-beraad bywoon, wat in September in Nieu-Delhi in Indië plaasvind nie. Volgens berigte het Putin telefonies aan die Indiese eerste minister, Narendra Modi bevestig dat sy minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, hom sal verteenwoordig. Modi en Putin het verlede week aan die Brics-beraad in Suid-Afrika deelgeneem, hoewel Putin deur video-verbindings ingeskakel het. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik in verband met beweerde oorlogsmisdade.