SA sal geskikte nuwe Openbare Beskermer vind
Die voorsitter van die parlementêre komitee wat ‘n aanbeveling moet maak oor die buurland se volgende Openbare Beskermer, Cyril Xaba, sê hy is vol vertroue dat die komitee ‘n geskikte kandidaat sal vind. Die komitee het die afgelope twee dae onderhoude met agt kandidate gedoen. Hulle sal vroeg aanstaande week in ‘n geslote sessie oor die kandidate beraadslaag. Xaba sê hy glo die komitee sal teen Dinsdag ‘n kandidaat aan die Nasionale Vergadering vir goedkeuring voorlê voordat President Cyril Ramaphosa die aanstelling bekragtig.