Putin sê Wagner-hoof was ‘n man met ‘n moeilike lot

Die Russiese President Vladimir Putin het sy eerste openbare kommentaar gelewer sedert die vliegtuig neergestort het waarin tien mense, insluitend die Wagner-huursoldaatgroep se hoof, Yevgeny Prigozhin, gesterf het. Al tien mense aan boord die privaat vliegtuig is dood toe dit naby Moskou neergestort het. Volgens onbevestigde berigte is dit deur ‘n Russiese lugafweer-missiel afgeskiet. Putin beskryf Prigozhin as ‘n talentvolle sakeman met ‘n moeilike lot. Hy voeg by die Wagner-hoof het ‘n paar ernstige foute in sy lewe gemaak, maar hy het ook probeer om die nodige resultate te behaal.