Dis Alcaraz teen Sinner in vuurwarm Franse Ope-eindstrydJune 7, 2025

Tennis: Carlos Alcaraz gaan die verdediging van sy titel by Roland Garros volvoer en het deurgedring na die eindstryd toe die agtste gekeurde Lorenzo Musetti gister in die vierde stel van hul halfeindstryd met ‘n besering onttrek het. Die 22-jarige Spanjaard het met 4-6, 7-6, 6-0, 2-0 voorgeloop toe Musetti ‘n dybesering opgedoen het. Die wêreld-nommer twee is nou in sy tweede Franse Ope en vyfde groot eindstryd. Hy sal teen die wêreld-nommer een, Jannik Sinner speel in ‘n verwagte vuurwarm stryd. Sinner het die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic met 6-4, 7-5, 7-6 gestuit.