IPPR bring verkryging onder die loep vanoggend

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal vanoggend om tien-uur by die House of Democracy in die hoofstad ‘n bespreking aanbied oor hul jongste Procurement Tracker Namibia-bulletin. Verkryging bly ‘n tameletjie en daar is gereeld berigte oor vermeende korrupsie. Die instituut sal ‘n opdatering van die tender vir kliniese voorrade gee en ‘n bespreking hou oor die uitsluiting van korrupte maatskappye. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n navorser van die instituut, Frederico Links gepraat…