Net meer as 6,6 miljoen kubiek water uit damme benut June 24, 2025
Die land se damme vertoon steeds goed met bronne vir die sentrale gebied op 81,2 persent. Swakoppoort is amper 95 persent vol met Von Bach op 86,4. Omatako, waar oordragte na Von Bach gedoen is, het 56 persent water. Daar is 615 000 kubieke meter water uit die damme in die afgelope week gepomp. In die Ooste staan Otjivero op 52,4 persent en die slikdam op 7,2 met bronne op 31,8. Daar is amper 1,7 miljoen kubiek uit Hardap in die afgelope week gepomp met die dam op 72,4 persent. Net meer as ‘n miljoen kubiek is uit Neckartal gepomp met die dam op 98,7 persent. Naute is 97,5 persent vol en Oanob 73,9 persent.