Biden spreek media in Maui toe
President Joe Biden is in Hawaii twee weke na die verwoestende brande op die eiland van Maui. Hy het die media toegespreek langs die bekende Banyan-boom van Lahaina. Die boom is 150 jaar oud en is deur sendelinge aan die gemeenskap geskenk. Dit het die brand oorleef.
Tot dusver is 114 mense dood en honderde word steeds vermis. Die federale regering het ‘n ramptoestand afgekondig wat finansiële ondersteuning en bystand moontlik maak.