EU stel 18de ronde van sanksies teen Rusland bekendJune 11, 2025
Die Europese Unie het sy 18de sanksiepakket teen Rusland bekendgemaak met die Kremlin se vermoë om geld te maak uit olie- en gasproduksie in die visier. Dit sluit ʼn verbod in op die gebruik van die Nord Stream-pypleiding om gas tussen Rusland en Duitsland te vervoer en die verlaging van die prysplafon op Russiese olie-uitvoere. Die pakket moet nog deur die EU se 27 lidlande goedgekeur word. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê hulle soek vrede in Oekraïne: