Musk ‘betreur’ twiets oor TrumpJune 11, 2025
Elon Musk sê hy betreur sommige van sy X-plasings oor president Donald Trump, wat internasionale media as ‘n dramatiese ommekeer beskryf na die dae lange openbare geveg tussen die twee. Op X skryf Musk hy het te ver gegaan, veral met die twiet oor Trump se betrokkenheid met Jeffrey Epstein en dat hy in ‘n staat van beskuldiging geplaas moet word met vise-president JD Vance wat moet oorneem. Trump het teruggekap deur te dreig om multimiljard-dollar-staatskontrakte van Musk se besighede te onttrek.