Trustco Bank reageer op sy tydelike opskorting
Die Trustco-groep het sy reaksie gegee nadat die Bank van Namibië Vrydag Trustco Bank Namibia se banklisensie tydelik opgeskort het. Volgens die sentrale bank is na oorleg met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi, besluit om die magtiging van Trustco Bank om as bankinstelling te funksioneer, met onmiddellike effek op te skort. Die skorsing is tydelik en onderhewig daaraan dat Trustco Bank sekere gestipuleerde gevalle van nie-nakoming regstel binne ses maande vanaf 18 Augustus. Die adjunk-uitvoerende hoof van die Trusto-groep, Quinton van Rooyen Junior het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…