Dwelms van N$1,5 miljoen in Erongo gekonfiskeer
Die polisie in die Erongo-streek het beslag gelê op dwelms ter waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar by Walvisbaai en Swakopmund. Sewe Namibiërs, vyf mans en twee vroue, is in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem. Die 25-jarige Leonard Willard het in die Walvisbaai-landdroshof verskyn en is tot drie jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die handel in dwelms. Kommissaris Nikolaus Kupembona, Nampol se streeksbevelvoerder in Erongo sê Namibië het ‘n verbruikersland vir dwelms geword…