Petrolkoppe beplan protes oor straatwedrenne

Die Cape Coloured Congress en motorwedren-geesdriftiges beplan protesoptrede vandag by die huis van die Kaapstadse burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith. Hulle is gekant teen ‘n nuwe verkeers-ordonnansie wat onwettige straatwedrenne wil bekamp en onwettig aangepaste voertuie van paaie wil verwyder. Oortreders sal swaar boetes opgelê word, hul motors sal geskut word en selfs toeskouers kan gestraf word. Die nuwe munisipale verordening het ook gelei tot die ontwrigtende taxistaking in die Wes-Kaap.