Woods sluit aan as 6de speler-direkteur by PGA-Toer

Die vyftienmalige major-kampioen, Tiger Woods, het hom as die sesde speler-direkteur  by die PGA-Toer se beleidsraad aangesluit. Hy is nou saam met Rory McIlroy en vier ander op die raad. Woods se aanstelling volg na die samesmelting van die PGA-toer,  Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds, en die DP World-toer in Junie.  Die spelerdirekteure het volle toegang en die gesag om enige moontlike veranderings aan die Toer goed te keur of af te wys. Woods sê hulle gaan hulle bes doen om seker te maak enige veranderings is in die beste belang van alle belanghebbendes.