Namdia se diamantverkope skitter
Namib Desert Diamonds, Namdia sê dat sy wins uit diamantverkope na belasting van 144,7 miljoen Namibiese dollar in 2021/22 tot 409,2 miljoen in 2022/23 toegeneem het. Met 36 geregistreerde diamantkliënte, insluitend lande soos België, die Verenigde Arabiese Emirate, Indië en Amerika op ‘n drie jaar hernuwingsbasis, beoog Namdia om sy teenwoordigheid in die aflandige mark te versterk en kundigheid en kapasiteitsbou in die waardeketting te verbeter. Namdia se bedryfshoof, Uahoroka Kauta, sê Namdia verkoop nie net diamante nie, maar verander ook lewens. Fokusgebiede is om Namibië se onderwys, gesondheid en sport te befonds met Namdia wat meer as 40 miljoen dollar in verskeie programme belê.