Politieke kenner: Redes vir konflik in DRK, Mosambiek moet ondersoek word
Reaksie is ontvang van ‘n politieke kenner oor die veiligheidskwessies in die SAOG-streek. President Hage Geingob, voorsitter van die SAOG Orgaan oor Politiek en Sekuriteit-samewerking het by die SAOG Buitengewone Troika-beraad bevestig die konflik wat steeds die oostelike gebied van die Demokratiese Republiek van die Kongo teister, het gelei tot die dood van meer as vyf miljoen mense, en miljoene ander ontheemdes. Die SAOG-sending in die DRK sal teen 30 September ontplooi word, selfs terwyl die DRK vir sy nasionale verkiesings op 20 Desember voorberei. Geingob sê sukses is behaal om die terreur-bedreigings in Noord-Mosambiek te takel met die veiligheidsituasie in Cabo Delgado wat relatief kalm en onder beheer is. Politieke analise dr. Ndumba Kamwanyah, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die Troika en hul vredespogings gepraat…