Ministerie sê oor Lüderitz-skoolJuly 4, 2025
Die onderwysministerie sê die Bedrock Montessori-skool op Lüderitz is gesluit omdat prosedures nie gevolg is nie. Die ministerie sê daar is geen aansoek na die ministerie om die skool as privaatskool te bedryf nie en sonder registrasie kan die skool nie funksioneer nie. ‘n Inspeksie op 14 Maart het die oortreding, saam met ander, aan die lig gebring en teen 4 Junie, tydens die tweede inspeksie is geen korrektiewe stappe geneem nie, onder andere dat die skool steeds op ‘n residensiële eiendom is. Die skool word in ‘n agterplaas woonstel op die erf, met ‘n hond, bedryf. Die skool se sluiting het wyd reaksie uitgelok.