SABC se Afrikaanse nuus onveranderd vir JulieJuly 4, 2025

Die SABC het bevestig daar sal hierdie maand geen veranderings aan die Afrikaanse TV-nuusbulletinskedule wees nie. Die uitsaaier het onlangs in ‘n verklaring beklemtoon die nuus sal steeds in sy huidige weeksdag- en naweek-tydgleuwe uitgesaai word. Hierdie verklaring volg ná ‘n rits veranderings, insluitend ‘n skuif van SABC2 na SABC3 en veranderings aan uitsaai-tye. Die SABC sê sy huidige skedule bly onveranderd.