Opposisie-konvensie kan ANC uit kussings lig
Die DA glo die komende nasionale konvensie het die potensiaal om uiteindelik die ANC-regering in komende verkiesings te ontsetel. Die DA en partye soos die IVP, die Vryheidsfront Plus en ActionSA beplan om te vergader en ‘n strategie te beraam vir regering na 2024. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika kan van die regerende party gered word deur middel van ‘n sterk ooreenkoms tussen partye: