Geen datum vir aankondiging van nuwe hoofverkiesingsbeampte nie

Die Verkiesingskommissie het geen datum vasgestel vir die bekendmaking van sy nuwe hoofverkiesingsbeampte nie. Onderhoude met vyf kandidate is Vrydag suksesvol afgehandel met dr. Michael Tjivikua, wat gediskwalifiseer is as gevolg van sy bande met die regerende party, Swapo. Volgens wat berig word was hy ‘n lid van die Swapo-dinkskrum tot 2021 en hy het nie die inligting bekend gemaak nie. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder by ECN, gesels.