Mosambiek se rekord mielieoes is goeie nuus, maar net vir hulle
Teen alle verwagtinge, veral met sikloon Freddy, het Mosambiek sy beste mielieoes in 15 jaar gerapporteer.Terwyl dit uiters goeie nuus vir die beleërde land is en ook goed is vir voedselsekerheid in die streek, raak dit nie Namibië nie. Hubertus Hamm, uitvoerende hoof van Bokomo Namibië sê die Suid-Afrikaanse en Zambiese mark is waar Namibië sy mielies bekom, veral omdat die plaaslike oes die jaar teleur sal stel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.