DRK verleng verbod op kobaltuitvoereJune 23, 2025
Die Demokratiese Republiek van die Kongo het ‘n verbod op die uitvoer van kobalt met drie maande verleng. Die verbod is bedoel om die ooraanbod daarvan te beperk. Die wêreld se grootste kobaltverskaffer het in Februarie ‘n vier maande lange skorsing op uitvoere ingestel nadat pryse ‘n negejaar-laagtepunt van slegs 10 Amerikaanse dollar per pond bereik het. Die verbod sou Sondag verval. ‘n Voorstel om kwotas in te stel, word gesteun deur myne in die land, insluitend Glencore, die wêreld se tweede grootste kobaltproduserende maatskappy.