Sewe goewerneurs op hete koleJune 23, 2025

Goewerneurs wie se termyne verstryk het en ‘n tien-dag verlenging tot 30 Junie ontvang het, is op hete kole. Ohangwena se Sebastian Ndeitunga, Omusati se Erginus Endjala, Elia Irimari van Oshana, Erongo se Neville Andre, Pijoo Nganate van Omaheke, Aletha Frederik van Karas en Lawrence Sampofu van Zambezi se termyne is almal tot die einde van die maand verleng. Die goewerneurs se termyne het almal Donderdag verlede week verstryk. Daar word verwag dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah binnekort haar aankondiging sal maak.