Onbekend wat olie sal doen, mark is uiters onstabiel
Die mark is uiters onseker en dus is dit moeilik om te bepaal presies waarheen die olieprys op pad is. Die kommoditeit het in die afgelope 30 dae met amper 4 persent gedaal. Brent het vanoggend gestyg na net onder 75 Amerikaanse dollar ‘n vat maar het reeds weer teruggesak tot net bo 73 dollar. Die mark het vroeër op die Russiese chaos gereageer sowel as hernude vraag van die VSA en die besnoeiings wat in Julie deur Saoedi-Arabië geïmplementeer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels.