Konflik in Sudan duur voort
Volgens berigte het lugaanvalle en geweervuur weer toegeneem in Khartoem in Sudan. Die konflik tussen die land se weermag en die paramilitêre groep die RSF, duur nou reeds 11 weke. Die Verenigde Nasies het sy kommer uitgespreek oor etniese geweld nadat aanvalle op die Masalit-gemeenskap in Wes-Darfur ook toegeneem het. Die aanvalle het toegeneem nadat onderhandelings oor ‘n skietstaking laat vaar is omdat verskeie pogings nie daarin geslaag het om ‘n blywende skietstaking te bereik nie. Meer as 2,5 miljoen mense is reeds ontheem en die omvang van die humanitêre krisis neem toe.