Vrou van vervalle huis steeds nie geholpe

‘n Vrou van Walvisbaai wie se huis uitmekaar val, word steeds herwaarts en derwaarts tussen verskeie ministeries gestuur. Sy het foto’s verskaf wat reuse-krake en gebarste mure wys. Sy het die eiendom in 2016 deur die Build Together-projek by die Walvisbaaise munisipaliteit gekoop en sy is nie die enigste een wat die uitdagings beleef nie. Sy was by die munisipaliteit wat haar na die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling verwys het, wat haar weeer na die ministerie van werke verwys het en hulle bly die proses vertraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die werke-ministerie, Julius Ngweda, gepraat wat sê massa-behuisingsprojekte val nie onder hul mandaat nie.