Swendelaars teiken handelsminister

Swendelaars bly besig met hul skelmstreke en hierdie keer teiken hulle die handelsminister Lucia Iipumbu. Daar word berig dat ‘n vroulike stem-greep die rondte doen wat die minister naboots deur geld van prominente lede van die samelewing te probeer werf. Die ministerie het ‘n beroep op die publiek gedoen om waaksaam teen skelms te wees. Die swendelaars vra nie net geld nie, maar skend ook die beeld van die minister. Elijah Mukubonda, woordvoerder van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…