Namibiese biere wen ses medaljes

Namibië het ses medaljes by Afrika se grootste bierkompetisie verower. Namibië was goed verteenwoordig in die 2021 African Beer Cup, met plaaslike brouerye wat ses medaljes huis toe geneem het. Die Windhoek-gebaseerde mikrobrouery Roof of Africa het twee silwer en een bronsmedalje gewen. Camelthorn Brewing Company en Swakopmund Brewing Company, albei deel van Namibia Breweries, het ook medaljes verower. Camelthorn se Urbock het ‘n silwermedalje verower terwyl Swakopmund onderskeidelik goud en brons vir hul Urbock en Helles verower het. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *