SME-opleiding vir kapasiteit die week deur handelsministerie aangebied
Die Namibiese handelsministerie in samewerking met die Duitse Sparkassenstiftung sal opleiding vir klein- en medium sakeondernemings die week aanbied. Die drie dag lange opleiding sal klem lê op die kapasiteit van dié sakeondernemings. Die ministerie se woordvoerder Elijah Mukobonda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.