Ontbondeling van Eskom is gevorderd – minister

Die minister van elektrisiteit in Suid-Afrika, Kgosientsho Ramokgopa, sê daar is beduidende vordering gemaak met planne om Eskom te ontbondel. Hy het tydens ʼn voorligtingsessie gesê hoewel heelwat werk reeds afgehandel is, moet baie nog na verwagting gedoen word sodat die proses seepglad kan verloop. Volgens die ontbondeling sal Eskom in drie afsonderlike dele verdeel word, naamlik transmissie, opwekking en verspreiding. Ramokgopa voeg by ‘n raad sal aangestel word om toesig te hou oor dele van die proses: