WGO: 33 mijoen kinders in Afrika moet ingeënt word

Die Wêreldgesondheids-organisasie het gewaarsku 33 miljoen kinders in Afrika benodig dringend inenting ten einde die vasteland te help om sy immuniserings-doelwitte vir 2030 te bereik. Dit het ten doel om die sterftesyfers van siektes wat entstof voorkom, te verminder. Die WGO beklemtoon hierdie kinders moet teen 2025 ingeënt wees om op koers te bly. Volgende week is Wêreld-immuniseringsweek, wat die belangrikheid beklemtoon om ingeënt te word om siektes te voorkom. Die WGO doen ‘n beroep op regerings, gesondheidsorg-verskaffers en individue om op te tree en te verseker alle kinders ontvang die nodige entstowwe.