Onwettige heinings in kommunale gebiede? Maak so…

Meer as 300 kommunale boere van Okashana het hul teleurstelling uitgespreek oor onwettige heinings. Okashana is ‘n vrylopende weidingsgebied vir kleinskaalse boere, wat strek vanaf Omuthiya tot by Oshivelo. Boere sê daar is geen weiveld meer vir hul vee nie weens die onwettige heinings, wat ook hul lewensbestaan beïnvloed. Hulle het glo hul tradisionele leiers genader, maar hulle weet ook niks van die heinings en aan wie die heinings behoort nie. Jona Musheko, die woordvoerder van landbouministerie sê dit bly ‘n uitdaging maar, daar is klagtes wat formeel gemaak kan word.