NamPol meld twee moorde oor die naweek aanJune 23, 2025
‘n Veiligheidswag het op Tsumeb na bewering ‘n 46-jarige man met ‘n haelgeweer geskiet. Die oorledene was glo saam met twee ander mans op ‘n perseel waar die wag aan diens was om goedere te kom haal wat agtergelaat is toe daar Donderdag op die toneel ingebreek is. Die twee mans het op vlug geslaan. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord. Op ‘n plaas in die Dordabis-omgewing is ‘n 58-jarige man Saterdagoggend dood toe hy na bewering met ‘n knipmes in die bors gesteek is. Die oorledene en die verdagte, ‘n 28-jarige man, het glo stry gekry oor kalwers wat uit die kraal gelaat is om te gaan wei. Die slagoffer het glo die verdagte geklap, waarna hy hom gesteek het.