BoN loods ondersoek na herlewing in konstruksie

Die Bank van Namibië is gereed om met nuwe beleidsmaatreëls vorendag te kom om die konstruksiesektor wat die afgelope jare ‘n aansienlike verlangsaming beleef het, aan die gang te kry. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die sentrale bank, skryf die sektor se haglike situasie toe aan die kansellasie van verskeie projekte asook besnoeiings in die ontwikkelingsbegrotings van die regering en die privaatsektor. Volgens die bank sal reële BBP-groei na verwagting 3,9 persent in 2022 en 2,7 persent in 2023 bereik. Daarbenewens neem die sentrale bank waar dat binnelandse ekonomiese aktiwiteit geleidelik verbeter het. Mynbou, landbou, vervoer, groot- en kleinhandel, toerisme en kommunikasie het almal aansienlike groei beleef maar konstruksie sukkel. Dus sal die bank navorsing te doen oor wat gedoen kan word om die land se konstruksiesektor by te staan.