Calle besoek vloedgeteisterde Noorde

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, vertrek vanoggend vir ‘n streeksbesoek aan die vloedgeteisterde gebiede in die Noorde. Die besoek, wat tot Vrydag sal duur, sal beide die Oshana- en Ohangwena-streke insluit, met ‘n besoek ook aan die Omusati leierskap wat Vrydag sal plaasvind. Hy sal die gebiede wat geraak word, ook besoek. Intussen sê die hidrologiese diens dat watervlakke verder in die sentrale en oostelike dele styg. Shanalumono, wes van Engela, se vlakke het na 0,67 meter gestyg met Engela wat na 0,58 meter geklim het. Sha Haingu is op na 0,47 meter en Endola wat Maandag op 0,34 meter gestaan het, het Dinsdag gestyg tot 0,65 meter. Die inligtingsministerie het ‘n vloedrisiko-inligtingsentrum op Oshikango daargestel.