Tenks en die Oekraïne: Dis nie so eenvoudig nie

Tenkverskaffing aan die Oekraïne bly in die nuus. Die VSA sal 30 van sy Abrams-tenks stuur. Duitsland, wat eers gekeer het, sal nou 14 van sy uiters geskikte Leopard 2-tenks aan die land verskaf met Pole wat ook reeds toestemming van Duitsland gevra het om ook van die tenks, waarvan hy 247 het, te stuur. Duitsland het die Leopard 2 gebou en aan talle lande in Europa verskaf maar, luidens die ooreenkoms moet Duitsland toestemming gee voor die tenks enigsins geskenk of verkoop kan word. Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, sê dis uiters belangrik dat die Oerkraïne nou bystand ontvang.

Maar, volgens die afgetrede Amerikaanse weermagbevelvoerder, luitenant-generaal Mark Hertling is enige uitkoms van die gebruik van die toerusting nog ‘n tydjie ver. Hy verduidelik.