Twitter-hoof Elon Musk sal bedank as hy opvolger kry

Die miljardêr Elon Musk sê hy sal bedank as uitvoerende hoof van Twitter sodra hy ‘n geskikte opvolger in die hande kry. Hy sal egter steeds sleutel-afdelings van die sosialemediaplatform bestuur. Dit is die eerste keer dat Musk van uittrede praat nadat Twitter-gebruikers in ‘n stemming wat hy self oor die naweek van stapel gestuur het, besluit het hy moet bedank. Sowat 57,5 persent van die ongeveer 17,5 miljoen deelnemers het “ja” gestem. Musk het nie ‘n tydsverloop aangedui vir sy uittrede nie en geen opvolger is nog genoem nie.