Rugby: Blitsbok-uitblinker sluit by Leeus aan

Rugby: Die gewese Blitsbok-uitblinker JC Pretorius begin sy 15-man-loopbaan by die Leeus. Die unie het bevestig hy en die veteraan-haker Michael van Vuuren het met onmiddellike effek by die Johannesburgse span aangesluit. Pretorius het die Blitsbokke gegroet ná die onlangse Kaapstadse Sewes en sal die Leeus op oopkant-flank versterk. Hulp-afrigter Albert van der Berg glo hy sal waarde toevoeg as skitterende baljagter en lynstaan-moontlikheid met ‘n reuse-werkslading. Van Vuuren het vir EP Kings en die Cheetahs gespeel voor hy oorsee is.