VN probeer om Russiese kunsmis gou uit Europese hawens uit te voer

Die Verenigde Nasies doen sy bes om die uitvoer van Russiese kunsmis uit Europese hawens te versnel voordat die Swartsee-graanooreenkoms vandeesmaand verstryk. Die ooreenkoms het aan die begin van Augustus in werking getree nadat Rusland en Oekraïne dit op 22 Julie in Turkye onderteken het en geld 120 dae. Die ooreenkoms is beding om stygende voedselpryse oor die wêreld heen te verlig. Russiese President Vladimir Putin het die Turkse President daaraan herinner om die tweede deel van die ooreenkomste na te kom en die uitvoer van Russiese landbouprodukte en kunsmis na wêreldmarkte weer op dreef te kry.