Ekonoom Salomo Hei kry hoë pos by Amta

Die bekende Namibiese ekonoom en voormalige sokkerspeler Salomo Hei is as tussentydse besturende direkteur van die Landboubemarkings- en Handelsagentskap, bekend as Amta, aangestel. Hy vervang Knox Imbuwa, wat terugkeer na sy pos as adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys. Hei gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor sy nuwe rol.