Chinese keelvol vir zero-Covid-beleid 

Chinese se ongeduld met die land se onversetlike zero-Covid-beleid het op sosiale media oorgekook nadat 27 mense wat per bus na ‘n kwarantynplek vervoer is, in ‘n ongeluk dood is. Nog 20 is beseer. Die bus was van Guiyang, hoofstand van die Guizhou-provinsie, onderweg na ‘n afgeleë distrik 248 kilometer daarvandaan, toe dit op ‘n bergpas omgeslaan en tot in ‘n sloot gerol het. Dit is nie bekend of die mense wel positief vir die Covid-virus getoets is nie, en of hulle net kontak gehad het met mense wat positief getoets is nie. Die busbestuurder en al die passasiers was in volle beskermde drag.