Ministerie sê oor swartrenoster se dood by treinstasie

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat die swartrenosterbul wat deur ‘n trein gestamp is, aan sy beserings beswyk het pas nadat hul beamptes op die toneel aangekom het. ‘n Trein het die renoster ná die Kranzberg-treinstasie naby Wilhelmstal teen sy agterlyf gestamp. Die bul het nog gelewe, maar kon nie opstaan nie. Christiaan Kahuure, TransNamib se voorman by Kranzberg-stasie, het die relevante owerhede dadelik ingelig en die polisie van Usakos was eerste op die toneel. Op sosiale media is gevra waarom die trein nie vir die renoster gestop het nie. Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is net ‘n ongelukkige situasie waar dit moeilik is om enigiemand te blameer.