Nuwe brandstofprys om tien-uur bekend

Die Namibiese ministerie van myne en energie kondig vanoggend om tien-uur die brandstofprys vir September aan. Suid-Afrika se prys sal ook vandeesmaand daal maar dit is nie bekend wat plaaslik sal gebeur nie. Terwyl Brent ru-olie met 23 persent in die afgelope 90 dae gedaal het, was die daling in die afgelope maand net meer as 1 persent. Ekonome het ook onsekerheid uitgespreek en sê terwyl die ru-olieprys ‘n daling in die prys aandui, is dit nie bekend wat die regering gaan maak met die heffings wat hy vier maande terug verminder het. Sou daardie verlagings opgehef word, sal die brandstofprys nie noemenswaardig daal nie.