Museum van Namibiese Mode open vandag op Otjiwarongo

Die Museum-vereniging van Namibië en sy vennote, die Gerda Henkel-stigting en die onderwysministerie nooi alle Namibiërs uit om nou om tien-uur vanoggend die virtuele bekendstelling van die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo by te woon. Die Museum van Namibiese Mode word amptelik deur Faustina Caley, die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur bekend gestel. Altesaam 23 artefakte van verskillende Namibiese gemeenskappe wat in die Etnografiese Museum in Berlyn was, sal deel vorm van die nuwe museum. Die museum sal oop wees vir die publiek vanaf 8 Junie 2022.