Nie genoegsame data oor oseaan se biodiversiteit nieJune 24, 2025

Nuwe navorsing wat in Communications Earth and Environment gepubliseer is, dui op groot gapings in biodiversiteitsdata in oseane. Navorsers het 19-miljoen rekords ontleed en sistemiese wanbalanse gevind wat die risiko bied om ekologiese interpretasies en bewaringsstrategieë te verwring. Die geografiese verspreiding van data neig na die noordelike halfrond, wat verantwoordelik is vir meer as 75-persent van die rekords wat ontleed is. Navorsers sê onakkurate of onvolledige biodiversiteitsdata kan lei tot verkeerde bestuurstrategieë, wat sleutelspesies en habitats kwesbaar laat, veral in die lig van versnellende oseaanveranderinge.