AC/DC kondig eerste Australiese toer in tien jaar aanJune 24, 2025

Na ‘n afwesigheid van byna tien jaar keer AC/DC terug na die verhoog in hul tuisland met die aankondiging van hul langverwagte PWR UP-toer deur Australië. Die legendariese rockgroep het laas in 2015 op eie bodem opgetree, maar het nou bevestig dat hul nuwe toer op 12 November in Melbourne sal afskop.

Die toer sal bestaan uit vyf vertonings in groot stede regoor Australië: 21 November in Sydney, 30 November in Adelaide, 4 Desember in Perth en afsluit op 14 Desember in Brisbane. As opwindende bonus sal die energieke punkgroep Amyl and the Sniffers as voorprogram optree.

Kaartjies vir hierdie groot gebeurtenis sal vanaf Donderdag 26 Junie te koop wees. Dit is die eerste keer dat die groep met hul huidige samestelling in Australië sal optree – met Brian Johnson op sang, Angus en Stevie Young op kitaar, Matt Laug op dromme en Chris Chaney (voorheen van Jane’s Addiction en Alanis Morissette) op baskitaar.

Voor hul Australiese vertonings sal AC/DC eers ’n Europese somertoer aanpak, met 12 vertonings in 10 lande. Hierdie toer begin op 26 Junie in Praag en eindig op 21 Augustus in Edinburg – hul eerste Skotse optrede in ‘n dekade.

Foto verskaf