Malema vra dat parlement van Kaapstad na Pretoria verskuif

Die EFF-leier, Julius Malema, vra dat die parlement van Kaapstad na Tshwane verskuif moet word. Hy sal volgende week die Wetsontwerp op die Verskuiwing van die Parlement voorstel. Volgens Malema is die parlement ontoeganklik weens sy huidige ligging en bestee die regering baie geld aan lede se reis- en verblyfkoste. Hy voeg by deelname aan parlementêre programme is beperk tot mense en instellings wat finansiële hulpbronne tot hul beskikking het.